Gebeurlikhede / events

7.11.2009

Parys Dome Adventure Festival 6 - 8 November 2009

Aanwysings / directions

Besigtig kaart / View map

 

 

 

tuisblad / Homepage

Net oor die Vaalrivierbrug in die rigting van Potchefstroom en Fochville by die Kopjeskraalpad verby, lê hoewe 8 vanRiastuine (soos die kleinhoewes hier genoem word) met sy Kareeboom by die hek.

Die Naam van die Gastehuis is Aitsa.  Dit het sy ontstaan aan die verbasing of verrassende uitroep van mense wat weet hoe iets wat besonders is, moet lyk.  As ‘n mens rondkyk in omgewings om ‘n lekker blyplekkie vir ‘n naweek of ‘n week of twee te kry en skielik iets besonders sien, dan roep jy uit, AITSA!!

Dit wil ons graag aan mense beskikbaar stel wat in ‘n landelike omgewing en ‘n veilige plek en stil omgewing wil kom rus.

 

Die gastehuis het twee eenhede langs mekaar, elk met 2 slaapkamers, ‘n kombuis, sit/eetkamer en ‘n badkamer met bad en stortgeriewe.  ‘n Ruim stoep leen hom ideal vir families wat hou van ‘n braaivleisie in die lekker aandlug met ‘n vuurtjie wat eenkant brand en berge wat in die verte die lug versier.

Ons missie is om veral aan mense wat nie ten duurste wil betaal vir alle geriewe nie, ‘n heenkome te bied.

Ons kyk uit vir u.

Vriendelike groete

Just across the Vaalriver bridge on the way to Potchefstroom, past the Kopjeskraal road lies "Aitsa Guesthouse." This name has its origin from the Afrikaans word which expresses ones surprising call to something good.

We would like to accomodate people looking for a safe and quiet farmstyle atmosphere. The Guesthouse consists of 2 units, each with 2 bedrooms, kitchen, lounge and 1 bathroom with bath and shower. A stoep with ample space supply in the need for visitors seeking to enjoy the evening with a braai.

Our mission is to supply affordable accommodation for people who don't want to spend a fortune.

Looking forward to see you.

Kind Regards